Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Om nodig te voel’ die antwoord

Dit was in ’n tyd wat hulle verskriklik baie baklei het wat ek my vinger op die wond kon lê.

Sy is nie onnodig nie. Al lyk dit so.

Sy self gee eintlik die antwoord toe ons stukkie vir stukkie deur haar seer werk. Dit het haar so lank gevat om die antwoord te kry.

Sy raas oor baie dinge. Sy is onbillik, maar eintlik wil sy net nodig voel, en veilig voel – sy wil behoort.

Hoe minder dit so is, hoe meer voel sy onnodig. Hoe minder sy voel sy behoort, hoe meer raak sy onbillik. Sy erken dit. Dan praat sy verkeerd en dink sy verkeerd.

So word alles ’n stryd.

Sy wil nie, maar as sy sien het sy klaar baklei. Haar ongeduld het ’n glas laat oorloop.

Sy moes diep self alles oordink.

Haar antwoord is dus maklik – sy wil behoort en veilig voel. Sy wil nodig voel, sê sy weer.

Dit het ’n tydjie gevat om hom te oortuig dat die antwoord eintlik maklik is.

Hy hoef nie baie te doen nie. Hy hoef nie veel te gee nie. Hy moenie hoop verloor nie. Hy moet net wys hy gee om.

Die oomblik toe hy wys hy gee om, toe voel sy benodig. Toe voel sy sy behoort. Toe is haar geduld beter en sy is nie meer onnodig nie.

Ek weet ons het gewen toe hy vir my vra of ek weet as sy koffie drink is haar oë sag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.