Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Omgee groei voort ná afskeid

Sy was van gee aanmekaar gesit.

Wanneer ’n mens, tydig of ontydig, by haar opgedaag het, het sy altyd tydens jou vertrek met iets in die hand gereed gestaan – ’n plantjie, ’n eetdingetjie, een of ander vorm van aandenking.

Iets wat ’n mens laat besef het dat dit ’n natuurlike reaksie van iemand met ’n besonderse hart is.

Dié betrokke dag het ek vinnig by haar ingedraf. Met die totsiens-sê het ons mekaar gedruk en vir ’n oomblik langer as gewoonlik vasgehou.

“Kyk hierdie pragtige blommetjie,” het sy ’n plantjie uitgewys terwyl ons oor die grasperk gestap het.

Ons het albei gaan staan en die fraaiheid van naderby bekyk.

“Ek dink dit sal mooi in jou tuin lyk,” het sy gesê.

Voordat ek kon reageer, het sy in die huis verdwyn en met ’n botterbakkie en ’n tuingrafie teruggekom.

Sy het een van die plantjies versigtig losgewikkel en in die bakkie gesit.

“Hier,” het sy gesê. “Sy vrolikheid sal jou dag opkikker.”

Tuis het ek onseker met die botterbakkie in my hand gestaan en die tuin bekyk. Ek het met ’n sug en sonder enige hoop van sukses die plantjie in die bedding langs die motor ingewurm.

’n Paar dae later het sy vir my ’n boodskap gestuur. Die swart wolke van ’n terminale diagnose het onverwags oor haar begin saampak.

Die dag van haar begrafnis het ek by ons oprit ingery en ’n oomblik gebroke in die motor getalm.

Met ’n swaar hart het ek die motordeur oopgemaak en my een voet op die grond geplaas.

Langs my voet het die fraai blommetjie my met ’n glimlag begroet. ’n Warmte het in my hart posgevat.

Ek het deur die trane geglimlag.

Dankie, my besonderse gee-vriendin. Ons mis jou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.