Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oorsaak van watervoëls se vrektes by dam ondersoek
Seemeeue is onder die watervoëls wat by Kamfersdam vrek. Die karkasse word deur amptenare opgetel om vernietig te word.Foto: Verskaf
Dooie watervoëls soos die rooipoot-elsie het die vermoede laat ontstaan dat lamsiekte op Kamfersdam uitgebreek het, maar die departement van landbou en omgewingsake wag nog op toetsuitslae.Foto: Verskaf
Die Kaapse slopeend-karkas is ook by Kamfersdam opgemerk. Foto: Stuart Dunlop/Facebook

Ondanks goeie reënbuie wat die afgelope weke in en om Kimberley uitgesak het, moet Noord-Kaapse amptenare ondersoek instel nadat meer as 30 watervoëls op Kamfersdam buite die stad gevrek het.

Dit kom nadat Stuart Dunlop, ’n besoeker aan die dam, ontstellende foto’s en ’n video van dooie en sterwende voëls op die sosiale media geplaas het.

In 2018 het honderde flaminkkuikens weens droogte op die dam gevrek. Sommiges is toe gered en gerehabiliteer.

Zandisile Luphahla, woordvoerder van die departement van landbou, omgewingsake en landelike ontwikkeling, sê vrektes van flaminke is nog nie weer aangemeld nie.

“Ons amptenare het reeds monsters van karkasse geneem en na die laboratorium gestuur om die oorsaak van die vrektes vas te stel. Die toetsuitslae sal waarskynlik volgende week bekend wees.”

Intussen is 30 karkasse met behulp van die Sol Plaatje-munisipaliteit verwyder. Luphahla sê amptenare besoek daagliks die dam om die situasie te moniteer.

Die vrektes sluit in rooipoot-elsies, seemeeue, bleshoenders, Kaapse slopeende, vee-reiers, gevlekte eende en bruineende.

Mark Anderson, uitvoerende hoof van BirdLife South Africa, sê hulle is bewus van die voëlvrektes.

“Ons is in kontak met Ester van der Westhuizen-Coetzer, omgewingspesialis van die Ekapa-mynmaatskappy, dr. Donovan Smith, veearts, en die departement van landbou, omgewingsake en landelike ontwikkeling wat stappe sal doen. BirdLife South Africa beveel sterk aan dat gekwalifiseerde mense die karkasse so gou moontlik optel en verbrand om die verspreiding van die siekte te voorkom.”

Die vermoede is dat lamsiekte (botulisme) die vrektes veroorsaak.

Hy sê lamsiekte word veroorsaak deur toksiene wat deur bakterieë op ’n verrotte karkas en die water daarom vrygestel word. Indien ander voëls van dié besmette water drink of van die maaiers vreet, word hulle aan die toksiene blootgestel.

“Die mildelike reën het die dam baie vol gemaak. Dit is uiters modderig en byna onbegaanbaar om dooie voëls op te tel,” sê Smith.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.