SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Nuus
Oos, wes, tuis leer les

’n Mens besef nie altyd wat jy het, totdat dit weg is nie.

Net so besef ’n mens nie altyd in watter wonderlike plek jy bly totdat jy weggaan van die huis af en die slag terug verlang nie.

Die afgelope week het die Bloutrein ’n nuwe twee­daagse roete tussen Pretoria en Kaapstad bekend gestel waarop besoekers onder meer in Kimberley aandoen vir ’n ekskursie na plaaslike besienswaardighede.

Die opgewondenheid in besoekers se oë toe hulle die Groot Gat en Kimberley-mynmuseum besoek het, was opvallend.

Sou dit nie wonderlik wees as ons elke dag na ons alledaagse leefwêreld kon kyk met die oë van ’n nuweling nie?

Dalk sou ons meer waardering gehad het vir die spesiale plek waarin ons woon.

Ja, Kimberley het nie altyd elektrisiteit en water nie.

Ja, daar is gans te veel slaggate wat nog herstel moet word.

Tog bly ons in ’n baie interessante stad met ’n ryke geskiedenis, wat wel ’n magdom besienswaardighede en plekke het wat ’n mens kan besoek.

Dikwels is dit nodig om jou eie tuisdorp as ’n “toeris” te besoek om te waardeer wat jy het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.