Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ope dag nou in Augustus

Die Sol Plaatje-universiteit se ope dag, wat vroeër vanjaar uitgestel is weens betogings, sal nou op Saterdag 3 Augustus plaasvind.

Gr. 12-leerlinge van Kimberley word uitgenooi om die kampus van 08:00 tot 15:00 op dié dag te besoek om meer uit te vind oor studierigtings, toelatingsvereistes en studente-aktiwiteite op die kampus.

Loopbaan-raad sal aangebied word, asook ’n toer deur die kampus en die geleentheid om dosente te ontmoet.

Die ope dag sou op Saterdag 18 Mei plaasgevind het, maar is uitgestel nadat die kampus vir ’n paar dae weens betogings gesluit was. Studente was ontevrede oor die gehalte van die kos wat aan hulle voorgesit is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.