Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Opel-konsep verklap planne

Sedert Opel verlede jaar deur General Motors aan die PSA-groep verkoop is, was dinge aanvanklik stil op die ontwikkelingsfront. Maar ’n nuwe konsepmodel wat pas in Europa gewys is, kan die groep se toekomsplanne aandui. Opel het vroeër die GT X Experimental onthul, ’n klein sportnuts wat aan die Nissan Juke herinner.

Opel beplan om die eerste sportnuts geskoei op die GT X teen 2025 gereed te hê. Intussen moet hy eers sy geldsake agtermekaar kry, en dan die oorskakeling van Opel-platforms en enjins na gedeelde Peugeot-platforms, -ratkaste en -enjins. Die groep verwag dat 40% van sy verkope oor drie jaar slegs sportnutse sal wees.

Wat die konsepmodel betref, raai ons dat hy op die volgende 2008-onderstel gebaseer sal word. Die voorkoms is baie vaal en sonder te veel aksentlyne, wat vandag so gewild is.

Ons merk wel die breë sierrooster op, wat selfs tot aan die buitekante van die hoofligte strek. Die buitenste ente inkorporeer kameras en sensors wat die voertuig in die toekoms vir sy selfryfunksies sal benut.

Dit is trouens nog een van die kenmerke van die konsepmodel: Dat Opel voel hy oor vlak 3-selfrytegnologie moet beskik.

Binnelangs het die ontwerpers die minimalistiese tema verder gevoer. Die resultaat is ’n skoon binneruim met ’n groot, breë raakskerm in die middel van die voorpaneel wat al jou nutsfunksies sal huisves. Opel noem die hele paneel sy Pure Panel, vanweë die gestroopte voorkoms daarvan.

’n Ander interessantheid is die luidsprekers wat agter onder die kopstutte geplaas is – volgens Opel omrede dit beter klank vir die binneruim bied.

Die groep het in Julie ’n wins aangekondig, die eerste keer in byna twee dekades.

Motorredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.