Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oud, jonk dig vanjaar saam

HOËRSKOOLLEERLINGE en volwassenes kry vanjaar die eerste keer ’n geleentheid om saam aan ’n Afrikaanse gedigtekompetisie van die ATKV en die tydskrif Kuier deel te neem.

Die kompetisie was die afgelope sewe jaar slegs vir leerlinge, maar volgens Japie Gouws, uitvoerende hoof van die ATKV, was daar nog altyd volwassenes wat ook ’n platform gesoek het om hul eie gedigte te publiseer.

“Die gedigtekompetisie was ook gewild omdat daar ’n groot behoefte onder tieners is om aan hul drome, emosies en bepaalde kwessies in gedigte uiting te gee. Dit het in die verlede aan duisende aspirantdigters die platform gebied om gedigte te skryf en te publiseer,” sê Gouws.

Nou vat die ATKV en Kuier dit ’n treëtjie verder. Hulle nooi ook alle volwassenes om ’n Afrikaanse gedig in te skryf en moontlik vet pryse los te slaan. Die wenner van die hoërskool-kategorie wen R3 000 in kontant terwyl dié in die tweede en derde plekke onderskeidelik R2 000 en R1 000 kry.

In die volwasse kategorie is R5 000 vir die skrywer van die wengedig op die spel. Die tweede- en derdeplek-wenners kry R4 000 en R3 000 onderskeidelik.

Inskrywings kan in enige variant van Afrikaans wees.

Die beoordelaars gaan ook besluit wie van die volwasse- of hoërskoolwenner die beste oorspronklike gedig geskryf het, waarna die bekende kunstenaar en Pasella-aanbieder Hemelbesem dié gedig op ’n video gaan vertolk.

“Die beste gedigte is ook in 2013 in ’n spesiale bundel, Ek en als tussenin, uitgegee. Vanjaar trek die kompetisie ’n nuwe baadjie aan en kry volwassenes ook die geleentheid om met hul digtalent te woeker,” sê Gouws.

In 2015 het Amy de Wet (sy was 17 in 2015) van die Hoërskool Lichtenburg in Noordwes die senior afdeling van die voormalige ATKV- en JIP-gedigtekompetisie gewen. Inge Delport (sy was 15 in 2015) van die Hoërskool Hennenman in die Vrystaat het die junior afdeling gewen.

Inskrywings sluit op Dinsdag 31 Mei. E-pos jou inskrywings na kuier@kuier.co.za met ATKV-gedigtekompetisie in die onderwerpreël. Jy kan dit ook pos na die ATKV-gedigtekompetisie, Posbus 1802, Kaapstad 8000. Deelnemers wat Facebook verkies, kan gaan na fb.com/kuierinstyl en die gedig na dié blad se “inbox” stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.