Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oud-Uppie ‘puik’ in topvlak-rugby

’n Oudleerling van die Hoërskool Upington is in die Springbok-groep ingesluit wat eersdaags toetse teen Georgië en die Britse en Ierse Leeus sal speel.

Jasper Wiese (25), as nuweling, is as losvoorspeler in die groep van 46 spelers ingesluit.

Hy is raakgesien toe hy vir Ixias, van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein, uitgeblink het. Hy het ook al vir die Cheetahs en die Griffons uitgedraf. Hy speel nou vir die Engelse klubspan Leicester Tigers.

Die Springbok-breintrust het vroeër gesê hy “vertoon puik” in die Engelse Premierliga, waar hy teen van die beste spelers in die wêreld speel.

  • Die Springbokke speel op 2 en 9 Julie opwarm-toetse teen Georgië, met toetse teen die Leeus op 24 en 31 Julie en 7 Augustus.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.