Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ouditverslae toon swak resultate vir die NK

Die ouditeur-generaal (OG) se nuutste verslag oor nasionale en provinsiale ouditverslae vir die 2018-’19-boekjaar is aan die einde van November bekend gemaak.

Kimi Makwetu, OG, sê die Noord-Kaap se ouditresultate gaan agteruit, en die leierskap bly traag om gehoor te gee aan die OG-kantoor se volgehoue versoeke vir beter beheer, asook gevolge vir oortredings en swak prestasie.

Net 18% van sy entiteite het skoon oudits, teenoor 27% in 2018. Nie een entiteit kon sy ouditresultate verbeter nie, maar twee het swakker gevaar.

In die Noordwes-provinsie het die premier volgens Makwetu ’n voorbeeld gestel om verantwoordbaarheid te verbeter en vir die eerste keer in vier jaar het verswakkende ouditresultate begin stabiliseer. Verbeterings het gekom nadat vyf departemente in Julie 2018 onder administrasie geplaas is. Onreëlmatige besteding bly egter hoog, op R3,2 miljard.

Die Wes-Kaap kan daarmee spog dat 79% van sy entiteite in die afgelope boekjaar skoon oudits gekry het en dat hy die kleinste bedrae van onreëlmatige, asook vrugtelose en vermorste, uitgawes het.

Ná jare dat Gauteng vir 100% van sy entiteite ongekwalifiseerde ouditmenings gekry het, het sy getal skoon oudits van 12 tot sewe gekrimp en het onreëlmatige besteding toegeneem.

Die Vrystaat het intussen die twyfel­agtige eer om die enigste provinsie te wees met geen skoon oudit nie.

Francois Williams

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.