Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pan oop vir sake

Die Noord-Kaap het net gebaat by die ontwikkeling van Hakskeenpan as die renbaan waarop ’n nuwe landspoedrekord van 1 600 km per uur aangepak sou word.

Die Noord-Kaapse regering sê al is die Bloodhound-projek weens ’n geldtekort van die baan, is Hakskeenpan “steeds oop vir sake”.

Altesaam £25 miljoen is nodig om die projek te voltooi en die Noord-Kaapse regering het geen geld in dié projek belê nie.

Zandisile Luphahla, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van ekonomiese ontwikkeling, finansies en toerisme, sê Hakskeenpan is as ’n buitelug-gerief ontwikkel wat 5 000 mense kan huisves.

Hy sê nog ontwikkeling word beoog en die projek het die bewustheid van die Kalahari-rooiduinroete, die Mier-gebied en die Noord-Kaap as ’n bestemming vir ekstreme buitelugsportsoorte verhoog.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.