Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Petra verkoop sy aandeel

Petra Diamonds het Woensdag (05/12) die verhandeling van die maatskappy en sy swart- ekonomiese bemagtigingsvennoot se aandeel van 75,9% in KEM JV aan sy vennoot in dié vennootskap Ekapa Mining (Edms.) Bpk. aangekondig.

Petra Diamonds het sy aandeel in die KEM JV-vennootskap vir R300 miljoen verhandel.

Petra Diamonds het reeds op 5 Julie vanjaar aangekondig dat hy sy aandele in die KEM JV-vennootskap sal verkoop sodat hy hom eerder op sy Finsch- en Cullinan-diamantmyn kan toespits en só die bedryfsrisiko’s vir die groep te verminder en sy finansiële sake te verbeter.

KEM JV was ’n gesamentlike onderneming tussen Petra Diamonds en sy vennoot Ekapa Mining.

Hulle het gesamentlik ’n ondergrondse myn en behandelingsaanlegte in die Diamantstad bedryf.

Petra Diamonds se aandeel in die vennootskap is as lopende saak verkoop met Ekapa Mining wat die vennootskap se finansiële verpligtinge, werknemers, sosiale verantwoordelikhede, verantwoordelikhede ten opsigte van veiligheid en gesondheid van werknemers, sowel as die omgewing sal oorneem.

Die voorwaardes vir die betaling van die R300 miljoen is gewysig om Ekapa Mining in staat te stel om die finansiële haalbaarheid van die onderneming ten volle te ontgin.

Ingevolge die nuwe ooreenkoms sal ’n vaste gedeelte van R60 miljoen oor 24 maande vanaf 1 April 2019 afbetaal word.

Die uitstaande balans sal betaal word uit 50% van die kontantvloei wat genereer sal word uit opbrengs wat uit die verkoop van bates gemaak word, sowel as potensiële opbrengste uit ’n hangende versekeringseis en ander opbrengste.

Johannes Dippenaar, uitvoerende hoof van Petra Diamonds, sê die transaksie is in lyn met die maatskappy se strategiese voorkeursake.

Die maatskappy het ’n toeskryfbare verlies van $104,40 miljoen gely weens bedrywighede wat gestaak is met die herklassifisering van KEM JV as ’n beëindigde onderneming.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.