SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Nuus
Plaasbakkie spog met styl

Die Mercedes X250d 4Matic-bakkie lyk miskien soos ’n Mercedes – al is dit ook nou net oor die bekende driepuntster-kenteken – maar verskil nie veel van ander dubbelkajuite in sy klas nie.

Kyk hom van skuins agter en vat die kentekens weg, en hy lyk soos enige ander bakkie wat deesdae volop op die land se paaie is. Of dit nou plaaspad of teerpad is. Hy deel immers ’n onderstel met die Nissan Navara.

Dus, wat voorkoms – behalwe nou vir die driepuntster –en enjin betref, is hierdie Mercedes maar net nog ’n plaasbakkie. As dit nie vir die sierrooster en kenmerkende kenteken voorop was nie, sou koppe nie gedraai het nie.

Dit is egter wanneer jy agter die stuur inklim dat jy daai Mercedes-gevoel ervaar. Die kajuit is sedanmotor eerder as plaasbakkie. En al die geriefstoerusting is daar om ’n lang rit aan te pak. Wat jy natuurlik in groot gerief kan doen as jy twee vlieë met een klap wil slaan – en die geld daarvoor het.Die groot volkleur-inligtingskerm voor in die middel met raakfunksie kan ook met ’n draai-beheerknop in die breë middelruimte tussen die twee sitplekke beheer word. Lekker vir die lang pad.

Daarmee kan jy – of jou passasier – baie pret hê. Van al die funksies op die “grootskerm” tot jou gunsteling-musiekklanke uit die oudiostelsel met sy agt luidsprekers, handvrye Bluetooth-funksies en spoedbeheer.

Nee wat, hierdie bakkie het binne alles wat jy in ’n luukse sedanmotor sal kry. Reg vir die kronkelende en hobbelrige plaaspad, maar ook vir die teerpad. tussen die Kaap en Mosselbaai wat ek spesiaal vir ’n kuiertjie by die Starlite-vliegopleidingsakademie aangedurf het.

Vra maar vir my passasier. Sy sukkel met langpadsit in ’n voertuig, maar die sit in hierdie X-klas was vir haar een groot lekkerte.

Wel ja, buiten haar – en my – gesoek na bêreplekkies voor in die kajuit. Daar is net nie sulke plekkies nie.

Die stoorplek in die binnedeur tel nie. Daarvoor is daar geen ruimte tussen die sitplek en die deur waar jy jou hand kan inkry nie.

Maar laat hierdie lastigheidjie, of dat die X-klas op die Navara se onderstel gebou is, jou nie afskrik nie. Daar is oorgenoeg wat jou groot plesier gaan verskaf.

Koop die bakkie as jy eerder spoggerig wil voel in ’n Mercedes-bakkie, en die lang pad met styl wil aandurf pleks van om heeltyd by plaashekke en -krippe in en uit te klim.

Francois Lötter

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.