Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Plaaslike diamant sal in VSA geslyp word

’n Oud-leerling aan die Hoërskool Diamantveld, wat verlede jaar die land se tartanbane aan die brand gehardloop het, is op pad na Amerika nadat hy met sy prestasies op die atletiekbaan en in akademie vir homself ’n studiebeurs by ’n vooraanstaande Amerikaanse kollege ingepalm het.

Benu Meintjes, wat verlede jaar aan Diamantveld matrikuleer het en met ’n oorbruggingsjaar besig is, sluit later vanjaar by die Hillsdale College, ’n private kollege in Michigan, aan. Hier gaan hy ’n vierjaarkursus in rekeningkunde doen en atletiek beoefen. Hy is vir die studiebeurs gekies op grond van sy akademiese prestasie (sewe onderskeidings in matriek) en op die atletiekbaan gedurende sy hoërskoolloopbaan. Benu het verlede jaar ’n bronsmedalje by Atletiek Suid-Afrika se baan- en veldjeugbyeenkoms verwerf toe hy in 47.57 derde in die 400 m-eindronde vir o.20-seuns geëindig het. Hy spog met ’n persoonlike beste tyd van 11.09 vir die 100 m-naelloop (wat hy in 2016 opgestel het) en 21.72 in die 200 m-naelloop (2017).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.