Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Plaaslike supermark benoem as finalis

Die OK Foods-supermark by die Tower-sentrum in Longstreet, Kimberley, is vanjaar ’n finalis in OK se mees verbeterde supermark van die jaar-kompetisie.

’n Eerbewys word jaarliks aan ’n supermark toegeken wat verwagtinge oortref het.

André en Drean Hugo het skaars twee jaar gelede dié supermark bekom en is nuut in die industrie. Tog het hulle vooruitgang gemaak.

Dié pa en seun is genooi om van Vrydag (07/09) tot gister (11/09) ’n konferensie van die OK-supermarkgroep se franchise-afdeling in Lissabon, Portugal, by te woon.

OK se franchise-afdeling hou jaarliks die kompetisie as deel van sy strewe om supermarkte te verbeter. Die OK-groep het meer as 420 supermarkte in Suid-Afrika, Namibië en Swaziland wat individueel besit word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.