Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
POTPOURRI: Geselsie wek raaisel

Ná ’n hele paar jaar loop ons mekaar toevallig raak.

“Ek het darem Kersfees met jou ma gesels,” sê hy met ’n glimlag.

“Met my ma?” vra ek verbaas.

“Ek het gebel om julle ’n geseënde Kersfees toe te wens, toe het jou ma jou selfoon geantwoord,” verduidelik hy.

Die verbasing begin in verwarring omskakel.

“Ek het jou heeltemal verloor,” sê ek. “Het jy met my ma gepraat? Op Kersdag? Op my selfoon?”

Hy knik.

“Ek het gevra of haar dogter-hulle vir Kersfees kom kuier het. Sy het bevestig dat julle het, maar gesê julle het gou ná die Kersdiens room vir die nagereg gaan koop.”

Stilte.

“Ons was nie verlede Kersfees by my ma nie,” sê ek ingedagte. “Watter nommer het jy geskakel?”

Hy haal sy selfoon uit en lees die nommer af.

“Jy het die neges omgeruil,” lag ek. Dit is sy beurt om nie te verstaan nie.

“Dit is die nommer waarna ek elke jaar jou verjaardag­boodskappe stuur.”

“Die neges . . .” verduidelik ek, “moet ná die res van die nommers wees, nie voor dit nie.”

Hy sluk.

Ek giggel.

“Ek dink nie jy het met my ma gepraat nie,” sê ek.

Hy sug.

“Ek het gebel, die bejaarde tannie het geantwoord. Ek het gevra of haar dogter vir Kersfees kom kuier het . . .”

Hy staar my aan.

“Ons het maklik ’n halfuur lank gesels.”

Ek lag.

“Wel, jy het beslis met iemand se ma gesels, maar dit was nie met myne nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.