Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
POTPOURRI: Moed nodig vir groei

Die wêreld is vol uitdagings, en baie daarvan word deur mense se negatiewe eienskappe aangevuur. Nalatigheid. Onverantwoordelikheid. Afguns.

Gelukkig herstel mense se goeie eienskappe effens die balans in ’n ongebalanseerde wêreld.

Verantwoordelikheid. Naasteliefde. Respek. Dit alles maak die wêreld ’n beter plek.

Dan is daar mense met moed. Hulle is waarskynlik die mense wat vooruitgang bewerkstellig.

Mense wat moed het om na die onbekende te trek wanneer omstandighede onuithoudbaar raak.

Moed is nie net om jouself uit omstandighede te verwyder nie; dit verg ook moed om in sekere omstandighede te bly.

Om iets nuuts aan te pak is vir sommige mense moeiliker as vir ander.

Die onsigbare magneetveld van ons gemaksone hou ons vasgevang in ’n ruimte waaruit ons soms nie kan wegbreek nie. Dit is nie dat ons nie wil nie – dit is net so ongelooflik moeilik.

Vir sommige mense is dit maklik om kanse te waag. Om uit hul gemaksone weg te breek en die onbekende aan te pak. Hulle vergroot die wêreld.

Moed is iets anders as selfgesentreerdheid en onverantwoordelikheid.

Daar is mense wat oë toeknyp en onder die dekmantel van moed ’n reuse-sprong die onbekende in gee. Soms met hartverskeurende gevolge. As hulle ’n oomblik geneem het om logies daaroor te dink, sou hulle dalk ander besluite geneem het.

Maar een ding is seker: Sonder moedige mense sou ons en ons wêreld nie groei nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.