Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
POTPOURRI: ‘Ou nuus’ gemis

“Het jy dalk koerant­papier?” vra die bejaarde vroutjie. “My dogter verhuis en ons soek nog koerante om die breekware in toe te draai. Niemand het meer ou koerante nie.”

Ek verduidelik dat ek ongelukkig die laaste advertensiepamflette vir ons papegaai se hok gebruik het.

“Weet jy dalk van iemand wat koerante het om weg te gee?” vra ’n kollega.

“Ons gebruik baie ou koerante op die plaas.”

Ek belowe om op die uitkyk te wees.

Die koronavirus het baie dinge laat verander. Sommige dinge tydelik. Ander meer permanent.

Met dié dat Volksblad nie meer in gedrukte formaat beskikbaar is nie, besef ’n mens eers hoeveel jy ou koerante gebruik het.

Vir troeteldiere. Om vensters te was. Om breekware te verpak wanneer jy verhuis. Vir wanneer verfwerk en ander los werkies in en om die huis gedoen word.

’n Gebruikte koerant was nog altyd ou nuus. Iets oorbodigs. Iets waaraan daar nie eintlik veel aandag gegee is nie.

Totdat dit nie meer so maklik verkrygbaar is nie. Nou raak dit ’n ander soort uitdaging.

Gedrukte koerante was vir verskeie dekades beskikbaar. Waarom sal dit nou skielik verdwyn?

Mettertyd gaan ons waarskynlik besef daar is nog dinge waarvoor ons nie genoeg waardering gehad het nie.

Ons gaan dit mis wanneer dit nie meer daar is nie.

Dalk is dit hoe ons saamgestel is. Ons neem so maklik iets as vanselfsprekend aan – totdat dit te laat is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.