Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
POTPOURRI: Vanne kan verwar

’n Tyd gelede gesels iemand met my oor die vreemde vanne wat ’n mens oor die wêreld heen kry. Vréémde vanne. Vanne wat ’n mens laat wonder of die oorspronklike vestiging daarvan ooit ernstig opgeneem is.

Iemand vertel my van ’n bejaarde vroutjie wat ’n uitnodigingskaartjie aan ’n “geagte mnr. en mev. Blom” adresseer het – terwyl dit eintlik mnr. en mev. Roos moes wees. ’n Mens kan haar nie kwalik neem nie. Dit is darem naby genoeg.

Op ’n klein, plattelandse dorpie loop die plaaslike staatsaanklaer op die stoep verby iemand wat heeltemal uit plek lyk. Hy stop en draai na die vreemdeling.

“Kan ek help, meneer?” vra hy.

Die vreemdeling antwoord wanhopig.

“Ja, asseblief. Ek is op soek na mnr. Spieël.”

“Wie?” vra die aanklaer. “Uilspieël?”

Die vreemdeling staar hom nors aan.

“Ek is na die nuwe streekhoflanddros gestuur, maar ek kry nie sy kantoor nie,” blaf hy.

Die aanklaer glimlag.

“O,” sê hy en beduie, “sy van is Glas, nie Spieël nie. Sy kantoor is hier links in die gang af.”

Vanne het altyd ’n geskiedenis. ’n Oorsprong. ’n Betekenis.

Mans hou hul van lewenslank, waar vrouens gewoonlik van van verander. Ook nie altyd nie.

Waarskynlik is daar mense wat graag ’n ander van sou wou hê. ’n Mens het soveel keuses, maar ’n van is nie altyd een van hulle nie.

Mag die van wat jy dra, nie te veel verwarring veroorsaak nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.