Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
President trek sneller

President Cyril Ramaphosa het Saterdag (02/02) ’n “presidensiële gevoel” aan die Meerkat-marathon in Kimberley verleen toe hy as afsitter die sneller vir die wedloop wat om 05:30 in Dalhamweg begin het, getrek het.

Ramaphosa, geklee in ’n swart sweetpak, en ander ANC-hooggeplaastes, het onder ’n dawerende applous hul opwagting in Dalhamweg met ’n konvooi en sirenes gemaak nadat atlete reeds vir die 42,2 km- en 21,2 km-wedloop aangetree het.

Ramaphosa het atlete sterkte toegewens waarna hy die wedloop afgesit het.

“Ek is werklik verheug om fikse mense soos julle almal vanoggend hier te sien.

“Ek is juis besig om die boodskap deur die land te versprei dat ons mense aktief moet raak en moet meeding en daagliks fisiese oefening moet doen.

“Hulle (wat hier is vanoggend) stel die voorbeeld wat ons graag wil hê alle Suid-Afrikaners moet nastreef,” het Ramaphosa voor die wedloop aan atlete gesê.

Dit was vanjaar die vierde jaar wat die Meerkat-marathon deur die Vodacom Kimberley Road Runners (VKRR) aangebied is en soos verlede jaar het honderde atlete aan die 42,2 km-, 21,1 km en die 10 km-wedloop deelgeneem.

Die uitslae is soos volg:

) Manswedloop (42,2 km)

Pule Hlabahlaba, ’n voormalige wenner en huidige rekordhouer van die Meerkat-marathon (2:34:06 in 2016), het in koel en bewolkte weer die manswedloop in 2:47:19 gewen.

Dié atleet van die Mangaung-atletiekklub in Bloemfontein is gevolg deur Clive Molifi van die SAPS-atletiekklub in 2:47:55.

Arthur Nziweni van die VKRR was derde in 2:58:21.

) Vrouewedloop (42,2 km)

In die vrouewedloop het Angeline Molaba, verlede jaar se wenner, haar rekord van 3:34:18 na 3:32:04 verbeter.

Molaba het dié rekord tydens verlede jaar se Meerkat-marathon opgestel.

Dié Nelspruiter is gevolg deur VKRR se Marianne du Plessis in 3:36:44.

Manneheng Raphuthing van die Pomoja-atletiekklub in Bloemfontein was derde in 3:38:14.

) Manswedloop (21,1 km)

In die halfmarathon het Kimberley se langafstand-fenomeen, Frik Guys, die wedloop gemaklik in ’n blitsvinnige 1:14:04 gewen.

Niemand kon kers vashou met hierdie briljante vertoning van Guys nie.

Austin van Rooi van Wesrun in De Aar was tweede in 1:19:15, en Tebogo Moipolai derde in 1:20:02.

) Vrouewedloop (21,1 km)

Anna Moeketsi het in die halfmarathon in 1:31:23 gewen.

Sy is gevolg deur Chantal de Beer in 1:44:04 met Danien Heathcote, ’n fisioterapeut van Kimberley, derde in 1:47:25.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.