Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Probleem bly morsig

Kimberley se vullisprobleem het die afgelope week weer onder die vergrootglas gekom met inwoners van Homelite wat nou kla dat informele vullishope op al wat ’n oop stuk grond in die gebied is, opspruit.

Dit is veral inwoners wat langs dié gebiede bly vir wie die probleem ’n kopseer geword het; die stank is glo ondraaglik en die vullis waai telkens oor na hul erwe.

Die probleem is egter nie net onooglik nie maar het ook ’n uitwerking op dreineringstelsels met dreine wat gereeld verstop word met bande, komberse en ander voorwerpe wat nie in dreine hoort nie.

Die probleem is ook nie net tot Homelite beperk nie.

Jy hoef net na velde langs die N8 (na Bloemfontein) en die R31 (na Barkly-Wes) te kyk om te sien hoe vieslik inwoners die Diamantstad gelaat het.

Kimberley se Sol Plaatje-munisipaliteit sê hy is magteloos teen die rommelstrooiers en het dus die hulp van Kimberley se inwoners nodig om die stad skoon te hou.

Die munisipaliteit het vandeesweek ’n beroep op inwoners gedoen om hul samewerking te gee en te help om onwettige rommelstrooiery onder beheer te hou.

Almal van ons is nodig om die Diamantstad weer na sy voormalige glorie te restoureer.

Solank as wat daar meer mense is wat rommel strooi as wat daar mense is wat rommel optel, sal die probleem voortduur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.