Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Reën kry skuld vir nat hare

Die storm van alle storms tref Kimberley. Die enigste pad wat die massas water ken, is kortpad.

Terwyl die storm woed, waag ek dit om na die haarsalon te ry. Daar gekom, sien ek dit is verbasend leeg. Mense is óf iewers vasgekeer, óf het besluit om eerder huiswaarts te keer.

My hare is net vol sjampoe-skuimbolle toe die krag afgaan. Waarskynlik weens die storm.

Aan die agterkant van die haarsalon, by die wasbakke, is dit stikdonker. Iemand skakel ’n kamplampie aan.

“As die krag af is, gaan ons water ook nou afgaan, mevrou. Ons sal ’n ander plan met die opknapper moet maak,” word daar aan my verduidelik. Die ander plan word gemaak en ek neem op die gewone plek stelling in. Die vrou wat my hare sny, gesels en sny asof alles normaal is. Asof daar elektrisiteit is. Asof daar water is. Alles by die kamplampie.

“Ek sal nie jou hare kan blaas nie,” kondig sy aan toe sy klaar is. “Het jy nog draaie om te loop?”

Ek verduidelik dat ek ’n paar kruideniersware benodig. “As ’n mens met nat hare deur die winkelsentrum wil loop, is dit nou die tyd,” sê ek. “Die mense behoort seker aan te neem dat ek natgereën het.”

’n Ruk later kom ek by die huis en stap met ’n sakkie kruideniersware in elke hand voordeur toe. Manlief staan van die sitkamerbank af op en neem die sakkies by my. Hy beloer my op en af en sê moedeloos: “Ag nee, Vrou, hoe kry jy dit reg om só nat te reën?”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.