Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Reën vul vlakke aan, bring hoop vir watersekuriteit

Damme in die Noord-Kaap se gemiddelde watervlak het danksy milde reën in die afgelope drie weke van 77% tot 98% gestyg.

Die departement van water en sanitasie het Vrydag (29/03) ’n provinsiale beraad oor die land se watermeesterplan in Kimberley gehou.

Die departement sê in sy weeklikse verslag oor die stand van waterbronne dat die watervlak van die provinsie se damme beduidend gestyg het.

Sputnik Ratau, departementele woordvoerder, sê die Vaalrivier se watervlak het van voorverlede week tot verlede week van 74,% tot 75% gestyg, en dié van die Oranjerivier van 73% tot 76,6%.

Die Douglas-keerwal is 108,3% vol, terwyl die Vaalharts-opgaardam 84,1%, Spitskopdam 37%, Boegoeberg 78,4% en die Kareedam 22,1% vol is.

“Dié damme word ook as balanseerdamme gebruik. Af­hangende van die damme se grootte, kan die volume water wat daagliks deurvloei die dam se houvermoë beïnvloed. Die aanhoudende in- en uitvloei laat die watervlakke wissel. Hoe kleiner die balanseerdam, hoe groter is die wisseling, wat die watervlakke merkbaar kan beïnvloed.”

Ratau sê die oogmerk van Vrydag se beraad was om betrokkenes oor die vordering van die inwerking­stelling van die watermeesterplan in te lig.

“Die Phakisa-water-en-sanitasie-meesterplan volg ’n optrede-gerigte benadering, eerder as net die bepaling van strategie en beleid. Phakisa beteken haastig. Ons wil kritieke uitdagings identifiseer en die oplossings kaalhande pak. Ons moet die kritieke probleme identifiseer en daadwerklike optrede beplan wat watersekuriteit kan verseker. Dit moet binne die konstitusionele en wetlike raamwerke toegepas kan word,” sê Ratau.

“Om die meesterplan te finaliseer, moet die provinsiale werk­sessies konsensus en insette verkry van alle betrokkenes wat waterbronne en sanitasiedienste bestuur.

“Operasie Phakisa is resultaat­gedrewe; daar is duidelike planne en doelwitte. Die aanhoudende monitering van die vordering en die bekendmaking van die resultate aan die publiek is radikaal, prakties en vernuwend. Ons glo dit sal uitstekende resultate lewer,” meen Ratau.

“Ons wil ’n omgewing skep waarin die regering voorkeurplanne beter, vinniger en meer effektief toepas. Die betrokkenheid van vennote in die bedryf is belangrik om aksieplanne, begrotings en tydraamwerke goed te keur.

“Die meesterplan wat deur die kabinet, die portefeuljekomitee en ander betrokkenes ondersteun word, is ’n teken van ’n nuwe benadering.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.