Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rit fokus op fietse

Fietsryers gaan die ongeveer 2 200 km van Beitbrug in die Noordelike Provinsie tot in Kaapstad op Saterdag 19 September in ongeveer 12 uur aflê.

In dié Brug na Berg-pretrit is fietsryers met bonatuurlike spoed nie die geheim nie, maar wel dat die afstand in 22 skofte en deur 22 dorpe of stede kafgetrap word.

Elke dorp of stad op die vasgestelde roete het ’n eie groep fietsryers wat om 07:00 uit hul dorp vertrek en net tot by die volgende dorp ry.

Die roete strek van Beitbrug, deur Louis Trichardt, Polokwane, Potgietersrus, Bela-Bela, Pretoria, Carletonville, Klerksdorp, Wolmaransstad, Bloemhof, Christiana, Warrenton, Kimberley, Hopetown, Britstown, Vosburg, Carnarvon, Williston, Calvinia, Vredendal, Elandsbaai en Vredenburg tot in Kaapstad.

Die doelwit is om fietsry as sportsoort, ook vir gesinne, te bevorder. Motoriste, asook fietsryers, se verantwoordelikheid om veiligheid tydens deelname te verseker is ’n verdere fokuspunt.

Kobus Burger van Kimberley nooi belangstellendes om saam van Kimberley na Hopetown te ry, ’n afstand van 115 km. Hy sê die roete is vir pad- en bergfietse geskik en begin by die Horseshoe Inn.

Die organiseerders beklemtoon dat dit nie ’n wedren is nie, maar wel ’n pretrit. Deelname is gratis en oop vir enigeen. Deelnemers hoef nie die volle afstand na die volgende dorp af te lê nie. Selfs fietsryers wat nie langs die vasgestelde roete bly nie, kan by ’n skof inskakel.

Ondersteuningsvoertuie sal beskikbaar wees.

Elke deelnemer moet verversings vir die rit saamneem en ook reël vir eie vervoer terug na Kimberley.

Burger sê vir die Kimberley na Hopetown-skof word ’n braaigeselligheid ná voltooiing van die skof by Orange Rust aangebied.

Vir meer inligting oor hierdie skof, besoek oryxendurance.co.za en registreer teen Dinsdag (15/09). Skakel 063-777-4766 of besoek Oryx Endurance Sport se webwerf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.