Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rolls skitter soos diamant

Die Britse motorvervaardiger Rolls-Royce het sy splinternuwe luukse sportnutsvoertuig na die Cullinan-diamant, wat in 1905 in Suid-Afrika ontdek is, genoem.

Die 3,106.75 karaat diamant wat sowat 621,35 g geweeg het is die grootste diamant wat ooit gevind is en ’n gedeelte daarvan vorm deel van koningin Elizabeth II se kroonjuwele.

Die Rolls-Royce Cullinan is Maandagoggend (10/12) by die Groot Gat in Kimberley onthul.

Dit is glo die heel eerste luukse sportnutsvoertuig wat die maatskappy bekend stel en dus ’n afwyking van die luukse sedans wat hulle oor die jare uitgebring het.

Volgens Rolls-Royce is dié voertuig oor die wêreld heen getoets.

Die maatskappy se webwerf vertel dat die voertuig meer as 19 200 km in samewerking met National Geographic oor drie kontinente afgelê het om die voertuig se ongekende vermoë ten toon te stel.

“Van die ongenaakbare woestyne van Afrika en die Midde-Ooste tot die ysige Arktiese Sirkel; van die gras­agtige Skotse Hooglande tot die toringagtige canyons van Noord-Amerika,” verklaar die maatskappy se Suid-Afrikaanse webwerf.

Die motorvervaardiger het glo reeds in 2015 verklap dat hy hierdie sportnutsvoertuig bekend sou stel. Dit is glo gemik op ’n jonger generasie met ’n hoë netto-inkomste.

  • Die beginprys vir die voertuig beloop glo ’n koel R4 660 906 ($325,000). Die Cullinan-diamant is op 26 Januarie 1905 deur Frederick Wells by die Premier No. 2-diamantmyn by Cullinan buite Pretoria gevind en na die myn se stigter, sir Thomas Major Cullinan, vernoem.

Die Transvaalse Regering het in 1907 die diamant teen ’n bedrag van sowat 150 000 pond bekom en dit vir die Britse koning Edward VIII as ’n present vir sy 66ste verjaardag gegee.

Die diamant is ná twee jaar in nege groot en 95 kleiner stene opgesny.

Die grootste steen is die Cullinan I van 530 karaat. Die Cullinan II is 317,4 en die Cullinan III is 94,45 karaat groot.

Die imperiale staatskroon bevat die vierkantige Cullinan II, ook bekend as die Ster van Afrika.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.