Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
HOOFARTIKEL: Rondblaai bring hoop

Soms is rondblaai op die sosiale media ’n verligting.

’n Mens kan wysneusig klink en sê die sosiale media bied verligting omdat dit eiewaarde ’n hupstootjie kan gee: “Ek spel darem beter”, of “My sinne is beter geskryf”, of “Ek sou nooit so ’n dom vraag vra of opmerking gegee het nie”.

Maar die verligting lê daarin dat mense hulself nog met alledaagshede besig hou: “Wie verkoop Tupperware?” of “Waar kry ek ’n nuwe sak vir my Superwoema-stofsuier?” of “Ek verkoop fudge. Message my as jy wil hê”, of “Ek soek iemand wat ’n onderstebo-visgraatvlegsel kan maak”.

In ’n wêreld voos van nuus oor Covid-19, geweld (nog aanrandings, selfs kinders in ’n plaasaanval geskiet), moorde (nog ’n naakte lyk van ’n vermoorde vrou gevind), die tuimelende ekonomie, Pinocchio-politici en die aarde wat onder die mensdom kwyn, is alledaagse nuus ’n vars briesie van hoop.

Dit gee hoop dat iemand nuwe plastiese houers wil koop, want dit skep die indruk van verbetering op ’n bestaande situasie.

Of ’n nuwe sak vir ’n stofsuier. Dit sinspeel daarop dat iemand genoeg hoop het om nog huis skoon te maak en nie in sak en as oor die werklikheid te bly nie.

Die bemarking van fudge op die sosiale media beteken ondernemingsgees en nie noodwendig desperaatheid nie.

En ’n visgraatvlegsel kan dui op ’n voorliefde vir die fynere dinge in die lewe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.