Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sakekamer hoor ‘belê is soos sokker speel’

Om jou geld doeltreffend te belê, is baie soos om die regte spelers vir ’n sokkerspan te kies: Die doel van die spel sal altyd wees om jou teenstander – inflasie – te probeer uitoorlê, maar die uiteensetting van die span – die verskillende bateklasse waarin jy kies om jou geld te belê – sal uiteindelik bepaal of jy suksesvol sal wees en jou beleggingsdoelwitte sal kan bereik.

Dít is ’n vereenvoudiging wat Errol Meyer, ’n finansiële raadgewer van Standard Bank, gebruik het om sy beleggingsfilosofie aan lede van die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid (Nokki) en ander gaste te verduidelik.

Hy het gepraat by Nokki se netwerkgeselligheid wat Woensdag (03/04) by die Garden Court-hotel in Kimberley gehou is.

Meyer se filosofie oor beleggings is geïnspireer deur die moderne portefeulje teorie, ’n gevestigde finansiële beleggingsportefeulje-tegniek.

Dít is al met groot sukses ingespan om beleggers se bates op so ’n wyse te diversifiseer dat dit die langtermynrisiko weens skommelende markte en veranderende ekonomiese en politiese klimate verminder.

Meyer glo inflasie is die verbruiker se grootste vyand en sê dat indien jou belegging nie inflasie kan uitpresteer nie, jy nie werklik veel van ’n belegging het nie.

Meyer het in sy toespraak van ongeveer 45 minute - so lank soos ’n helfte van ’n sokkerwedstryd - benadruk dat diversifisering op die regte manier gedoen moet word ten einde inflasie te uitoorlê en verbruikers se bates te beskerm. Hy het ook gewaarsku dat “geldgierigheid” en “vrees” die twee jakkalsies is wat gereeld beleggers se wingerde verniel. Hy het ook gesê dat beleggers op hul doelwitte moet fokus en nie op die struikelblokke in die pad van hul doelwit nie.

Meyer het benadruk dat dit belangrik is om lang- en korttermyn beleggingsdoelwitte te hê aangesien dit ’n uitwerking op die samestelling van die verskillende bateklasse waarin jy jou geld belê, sal hê.

  • Nokki besoek die Broadwater-rivierlandgoed aan die oewer van die Vaalrivier in Douglas op Dinsdag 16 April. Slegs 40 plekke is beskikbaar. Buskaartjies kos R100 per persoon. Skakel 053-831-1081 of stuur ’n e-pos aan Beverley@­nocci.co.za om plek te bespreek.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.