Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sanger kies musiek ’n duisend keer oor

Sedert Kimberley se Saman­tha Leonard in 2017 derde in die The Voice SA-kompetisie geëindig het, het baie dinge vir haar verander. Sy het pas haar nuwe enkelsnit uitgereik en behaal groot sukses .

Sy beantwoord Terésa Coetzee se vrae.

Hoe het The Voicejou lewe verander?

Dit het alles verander. Ek het soveel ondersteuners bygekry wat my van dag een af bygestaan het.

Dit het my die geleentheid gegee om oor die land heen op te tree, en my die voorreg gegee om aan te hou doen waarvoor ek so oneindig lief is – om te sing.

’n Klomp optredes hou my besig, en my dagboek loop vinniger as waaraan my voete gewoond is. Dit is die beste gevoel van my lewe.

The Voice SA was ’n hupstoot vir my sang­loopbaan, en ek sal altyd dankbaar wees vir die geleentheid wat vir my gegee is.

Vertel ons van jou heel eerste enkelsnit, wat jy pas bekend gestel het.

Die liedjie se naam is “ ’n Duisend keuses”. Dit is my heel eerste enkelsnit en die fondament van die solo-album waaraan ek werk.

Dit is ’n baie persoonlike liedjie wat vertel waarom ek sing so baie geniet en hoe dit my inspireer.

Musiek is wie ek is; dit is in my bloed en die enigste ding wat my bemoedig om nooit op te gee wanneer dit by my drome kom nie.

Dit is vir my ’n voorreg om met musiek my storie met die wêreld te deel.

Die liedjie kom uit my eie pen en hart, en vertel die storie van my loopbaan en keuses wat ek moes maak om hier te kom. Dit is ’n weerspieëling van my hart in hierdie stadium van my lewe.

Daar gaan 13 oorspronklike liedjies op die album wees, waarvan ek sewe self geskryf het. Een van liedjies is Engels. Om die liedjies te kies was maklik; elke liedjie op die album spruit uit ’n persoonlike ervaring.

Wie is jou grootste rolmodelle en hoekom?

My ouers. Hul geloof, menswees en uithouvermoë bemoedig my elke dag en maak my ’n beter mens. Ek bewonder hulle.

As jy ’n paar Suid-Afrikaanse kunstenaars moet uitsonder wat jy bewonder, wie sal dit wees?

Ek is mal oor Corlea Botha en Tarryn Lamb. Albei het ongelooflike stemme en “powerhouse vocals”.

Wie is jou gunsteling- oorsese sangers?

Celine Dion, Jessie J, Sam Bailey en Tori Kelly.

Jy lyk altyd goed. Hou jy daarvan om klere te koop?

Dankie vir die kompliment.

Ek hou daarvan om inkopies te doen, ja, maar ek moet myself moed inpraat en genoeg rus kry voordat ek die uitdaging aanpak. As ek eers begin, kan ek nie ophou nie.

Ek is mal oor uitrustings in swart en rooi. Ek het ’n eklektiese styl en koop nie net by een winkel nie.

Jou gunsteling-parfuum?

Dolce & Gabbana

Wat is jou vyf gunstelingflieks van alle tye?

1. Safe Haven;

2. The Impossible;

3. Burlesque;

4. A Star is Born; en

5. Pretty Woman.

Wat is die belangrikste lewensles wat jy geleer het?

Die grootste les wat ek al geleer het, is om nooit op ander staat te maak om my drome te laat waar word nie – dit is iets wat net jy vir jouself kan doen.

In die lewe is daar ’n duisend keuses voor ons neergelê. Dit is ons verantwoordelikheid om die regte besluite te neem.

Partykeer maak ons die verkeerde keuses en kry baie seer, maar dit is wat ons uit daardie foute leer en hoe ons weer opstaan wat saak maak.

Ek dink nie iemand kan ’n mens regtig ooit daarop voorberei nie. Jy moet self daardeur gaan, leer, en as mens en kunstenaar groei.

Is daar ’n liefde in jou lewe?

My tien maande oue pekinees-brakkie.

Mense raak deesdae baie negatief oor ons land. Hoekom is jy positief om hier te woon en werk?

Daar is oor die wêreld heen hartseer en negatiwiteit. Weghardloop van probleme is nie waarin ek glo nie.

Ons moet as ’n land saamstaan en mekaar liefhê.

Musiek is wie ek is; dit is in my bloed en die enigste ding wat my bemoedig om nooit op te gee wanneer dit by my drome kom nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.