Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Seksuele oortreders se lot bespreek

Kastreer seksuele oortreders om die kultuur van verkragting in Suid-Afrika stop te sit.

Dít is een van Suid-Afrikaners se aanbevelings vir die Wysigingswetsontwerp op die Strafreg: Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede.

Dié wysigingswetsontwerp is op 10 November bespreek toe verslag oor die publiek se aanbevelings gedoen is.

Llewellyn Prince berig dat in ’n aanbeveling van ’n lid van die publiek die mediese kastrasie van seksoortreders wat hulle herhaaldelik aan misdaad skuldig maak, voorgestel word. Die vraag is egter gevra of so ’n straf ’n doeltreffende afskrikmiddel is, en daar is beklemtoon dat dit nie net mans is wat seksuele oortredings pleeg nie.

Oor “korrektiewe verkragting” en seksuele geweld teen lede van die LGBT+-gemeenskap, is aanbeveel dat dit as haatmisdade gedefinieer moet word.

Corruption Watch, ’n nie-regeringsorganisasie, stel voor dat die afpersing van vroue vir seks as ’n misdaad klassifiseer word. Dit sluit voorvalle in waar “onderwysers seks in ruil vir eksamenpunte vereis”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.