Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
POTPOURRI: Sit teelepel neer

Daar is iets vreemd bevrydends aan die besef dat niks wat jy doen – of gaan doen – vir sekere mense goed genoeg is nie. Ontstellend. Tog bevrydend.

Die meeste mense het iemand in hul lewe wat ’n sekere standaard stel. ’n Sekere verwagting van jou het. ’n Sekere prentjie in hul kop het waaraan jy moet voldoen.

In sommige gevalle is dit ’n goeie ding. Dit noop jou om hoër hoogtes te bereik. Dit plaas jou onder net genoeg druk om die volgende mylpaal te bereik of ’n uitdaging te bowe te kom.

Maar soms is daar mense in jou lewe wat ’n onrealistiese prentjie van jou het. Onmoontlike verwagtinge. Onmenslike standaarde.

Nie net is dit vir hulle aanvaarbaar dat jy die onmoontlike sal regkry nie, dit word inderdaad van jou verwag.

Slaag jy met moeite daarin om die eerste paar doelwitte te bereik, word die dwarslat net hoër gelig.

Jy moet meer toewyding en energie aan die dag lê om aan hul verwagtinge te voldoen.

Húl verwagtinge.

Self kan hulle nie aan hierdie veeleisende vereistes voldoen nie. Maar jy moet blykbaar.

Dit is soos om die Groot Gat met ’n teelepel te probeer toegooi. Hoe vinnig jy ook al skep en hoe meer grond jy op die teelepel stapel – jy gaan steeds nie veel uitgerig kry nie. Dit bly immers ’n teelepel. En die Groot Gat.

Eers wanneer jy besef dat niks goed genoeg gaan wees nie, kan jy die teelepel neersit en asem skep.

Sit neer die teelepel. Skep asem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.