Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skoenkleur bepaal nie wie jy is

Om by hom in die straat verby te ry was kostelik om te sien, so kostelik dat dit belangrik genoeg is om oor te vertel.

Hy loop vrolik en fier; doelgerig op pad na sy adres. Baie mense trek hulle dalk dieselfde as hy aan soos hy vandag aangetrek is, miskien omdat dit mode is of hulle ’n standpunt wil inneem. Maar nie hy nie. Hy is so aangetrek omdat dit al is wat hy het. Tog hou dit hom nie terug nie.

Sy skoene is twee verskillende kleure. Aan die linkervoet, ’n verslonste ou kleur; aan die ander, ’n helder een. ’n Onpaar soort, ’n onpaar kleur.

Pla dit hom? Moontlik, maar hy wys dit nie. Hy word nie teruggehou nie. Sy menswees en sy rigting, sy doel en sy dag word nie bepaal deur die skoene wat hy aan het of eintlik, meer korrek, nie aan het nie. Hy lyk vreemd, komies – maar sy lewenshouding is aansteeklik.

Ons het nie alles nodig wat ons dink ons het om gelukkig te wees nie. Wat jy besit, bepaal nie jou saligheid nie.

Eerder as om voortdurend besig te wees met wat jy het of nie het nie, kan jy vorentoe gaan en jou adres bereik. Jy kan jou lewe leef en doen wat jy moet doen, in wie jy is, wees wie jy moet wees.

Selfs jou skoene se kleur, weens armoede, bepaal nie jou menswees nie. Moenie bepaal word deur wat jy het of nie het nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.