Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skole kan hulle inskryf vir spel, speel en sink

Laerskoolleerlinge in Volksblad se lesersgebied moet nou reeds hul spel- en debatvoervaardighede opskerp vir Spel en Speel wat op 28 Februarie plaasvind, en Dink of Sink op 18 April.

  • Die kompetisies – aangebied deur Volksblad in samewerking met AfriForum, die Onafhanklike Skool Eduplus in Bloemfontein en die departement van onderwys – sal by Eduplus in Boerneefstraat, Langenhovenpark, plaasvind. Spel en Speel

Skole moet vinnig spring om hulle vir Spel en Speel in te skryf.

Dié kompetisie toets leerlinge se spelvermoë in Afrikaans.

Leerlinge kan in een van twee afdelings deelneem: Afrikaans eerste taal en Afrikaans eerste addisionele taal.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 18 Februarie en die kandidatelys met die name van die leerlinge moet teen 22 Februarie deurgegee word.

Laerskoolleerlinge in die intermediêre fase, van gr. 4 tot gr. 7, kan hulle inskryf.

Twee leerlinge per graad per skool mag ingeskryf word.

  • Die uitdunrondes word op 28 Februarie om 09:00 by Eduplus aangebied. Die eindronde vind ná die uitdunrondes plaas. Dink of Sink

In dié debatkompetisie kan elke skool een junior span van drie leerlinge in gr. 4 tot gr. 5, en een senior span van drie leerlinge van gr. 6 tot gr. 7 inskryf.

Die uitdunne van die kompetisie vind van 09:00 op 18 April plaas en die eindronde behoort teen 14:00 afgehandel te wees.

Die sluitingsdatum vir inskrywings hiervoor is 10 April.

Benewens pryse vir die wenners in albei kompetisies, ontvang alle deelnemers ’n kospakkie en ’n sertifikaat, asook ’n geskenk van die borge.

Kontak Tamsyn Eccles, adjunkhoof van Eduplus, by 051-446-0527 of ad.eduplus@ gmail.com vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.