Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skole só veiliger
Die was van hande vir 20 sekondes bly steeds die beste voorkomingsmaatreël teen die verspreiding van die koronavirus en dit is belangrik dat volwassenes dit telkens aan kinders beklemtoon.Foto: Unsplash

Met leerlinge in verskeie ander grade wat eersdaags mag terugkeer skool toe, is ouers, kinders en onderwysers toenemend oor gesondheid bekommerd.

In ’n studie wat onlangs deur Harvard se mediese skool gedoen is, is weer eens bewys dat die reiniging van hande steeds die doeltreffendste manier is om die verspreiding van die koronavirus te beperk.

Die studie het onder meer bevind dat verpligte handwas-sessies by skole afwesigheid weens siektetoestande verminder het.

Om die verspreiding van die koronavirus te beperk, is die was van hande, bedekte hoes of nies, sosiale afstand en om by die huis te bly wanneer ’n mens siek voel, steeds die basiese voorkomingsmaatreëls.

Die volgende wenke word sterk aanbeveel:

  • Beklemtoon die was van hande vir 20 sekondes by kinders, hetsy by die huis of by die skool.
  • Moedig die was of ontsmetting van hande aan voor etes, wanneer ’n klaskamer of gebou betree word, ná pouse, ná ’n nies of ’n gehoes, wanneer die neus geblaas is en na die badkamer gebruik is.
  • Skole moet voorsiening maak om die voorkomingsmaatreëls in hul daaglikse roetine in te pas.

Pouse kan byvoorbeeld met vyf minute verleng word waarin almal se hande weer gewas of ontsmet moet word.

  • Vestig die gebruik dat hande met elke klaswisseling gereinig moet word.
  • Voorsien handreiniger by die ingang van die skool en indien moontlik, in elke klaskamer. Die handreiniger moet eweredig oor albei hande, in die palm en op die rugkant, versprei word. (Die 20 sekonde se gewas van hande met seep en water bly glo steeds die suksesvolste manier om hande te reinig).
  • Plakkate wat die was van hande aanmoedig, moet oral by die skool sigbaar wees.
  • Skole moet verseker dat water en papierhanddoeke in die badkamers beskikbaar is en dat ook die kleinste kinders toegang tot die wasbakke het.
  • Stel skoonmaakleiers in elke klas aan wat kan help om toesig te hou dat almal gereeld hande reinig.
  • Hou kompetisies tussen klasse vir skoonmaak- en higiëne projekte. Leerlinge wat kan, moet eie seep en handreiniger skool toe bring. Insamelings kan ook aangebied word om seep en handreiniger vir leerlinge wat dit nie kan bekostig nie, te bekom.
  • Die verspreiding van virusse kan in die wetenskapklas bestudeer word waar leerlinge eerstehandse kennis oor die vinnige verspreiding daarvan kan opdoen. – harvard.edu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.