Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skoolspan vir ’n tiende keer T20-koning van die Noord-Kaap

Die Hoërskool Noord-Kaap (HNK) se eerste krieketspan is ’n tiende keer agtereenvolgens as die Noord-Kaap se T20-kampioen gekroon.

Dié span het op 3 Februarie die HC Rose HUB-span in die eindstryd van die provinsiale Coca-Cola T20-kriekettoernooi vir Noord-Kaapse skole verslaan. HNK het oortuigend, met 188 lopies, gewen.

Ethene Kruger het met sy kolfvertoning die weg na HNK se oorwinning gebaan. Hy het 60 lopies van 20 aflewerings aangeteken.

Die ander kolwers het goed saamgewerk om te verseker dat HNK ’n telling van 202/8 in die toegelate 20 boulbeurte aanteken.

Austin Brooker het die boulaanval gelei en 7 paaltjies laat kantel.

Die HC Rose HUB-span was almal uit vir 14 lopies.

HNK sal op 8 Maart in die Knights-franchise se eindstryd teen die St. Andrew-skool, Vrystaat-wenner van die Coca-Cola T20-toernooi, speel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.