Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skoonhede wil uitreik
Robyn-Leigh Jampies, Mej. Noord-Kaap 2021. Foto: Vision Photography

Doen alles wat jy doen, met liefde en goedheid. Só glo Robyn-Leigh Jampies (21), Mej. Noord-Kaap 2021.

Sy en Linathi Makawu is in die begin van Oktober as die amptelike Mnr. en Mej. Noord-Kaap vir 2021 tydens ’n virtuele kompetisie gekroon.

Dit is die tweede amptelike kompetisie, aangebied deur Blueroom Marketing.

Jampies studeer vir ’n graad in kommunikasiekunde aan Unisa. Dié model by Nouvelle Models Kimberley het reeds voorheen talle eerbewyse verwerf. By die Mnr. en Mej. Noord-Kaap-kompetisie het sy die sosiale media-, die openbare keuse- en die debutant- finansiële eerbewys gewen.

“Ek is hier om ’n verskil in my gemeenskap te maak en om lewens te verander,” sê sy.

Sy glo elke mens is sy eie kompetisie en moet daarna streef om daagliks ’n beter weergawe van jouself te wees.

“Ek wil mense in die gemeenskap aanmoedig om beter te doen en beter te wees. Jou verlede bepaal nie jou toekoms nie,” sê sy.

Linathi Makawu, Mnr. Noord-Kaap 2021. Foto: Kobgyei Photography

Makawu, ’n model by Vogue Models Kimberley, het al verskeie groot kompetisies gewen, soos Mr Junior Teen South Africa 2019, Mr Beach Body South Africa 2019, Mr King of the Universe 2019 en Mr Tourism SA 2020.

Hy sê sy grootste prestasie tot dusver was om ’n positiewe verskil in ander se lewe te maak en as ’n rolmodel vir die jeug op te tree.

Makawu sê sy reis as Mnr. Noord-Kaap is om die grondslag te lê van: “As ek dink en glo ek kan dit doen, dan kan ek.”

Jampies en Makawu pak hul eerste liefdadigheidswerk aan deur al die items wat vir die kompetisie ingesamel is, na die Jannie Brink-skool in Barkly-Wes te neem.

Mandy de Klerk, eienaar van die amptelike Mnr. en Mej. Noord-Kaap-kompetisie, sê dat dit ’n groot sukses was en dat die uitdagings weens Covid-19 aangepak is.

Sy sê ’n vol skedule wag reeds op die twee.

“Ons help hulle om hul kalender te organiseer, maar hulle neem ook inisiatief om hul eie geleenthede en liefdadigheidsuitreikgeleenthede te organiseer,” sê sy.

Die kompetisie bestaan uit onder meer ’n openbare keuse, waar lede van die publiek vir die finalis op ’n Facebook-stemwebwerf stem. ’n Sosiale media- en twee debutante-eerbewyse is ook ter sprake.

Finaliste word afsonderlik tydens ’n onderhoud en loopplankgeleentheid deur vyf beoordelaars, bestaande uit die Noord-Kaapse gemeenskap en die vorige wenners, beoordeel.

  • Die doel van die kompetisie is om die Noord-Kaap as ’n toeristebestemming te bevorder, liefdadigheidswerk in die hele provinsie te verrig en te help met pligte saam met sakelui, organisasies en die Noord-Kaapse regering. Volg hul reis op die Facebook-blad Mr and Miss North Cape Pageant PTY LTD.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.