Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skoonheid koester haar

Jolene Dippenaar (38) van Kimberley is ’n finalis in die Ms Africa-skoonheidskompetisie.

Die doel van die kompetisie is om ’n platform vir vroue van Afrika te skep waardeur hulle kan help om die wêreld ’n beter plek te maak. Deelnemers word aangemoedig om by plaaslike liefdadigheidsorganisies betrokke te raak en ’n bydrae in hul gemeenskap te maak.

Jolene is ’n ma van twee seuns en het tot dusver in 2019 twee plaaslike liefdadigheids­organisasies, Feed the Babies en die Kimberley DBV, ondersteun.

Een van haar drome is om ’n liefdadigheidsorganisasie te begin wat geld insamel vir kinders wat hartoperasies moet ondergaan, maar nie aan ’n siekefonds behoort nie.

Jolene se oudste seun moes ’n hartoperasie ondergaan toe hy drie jaar oud was en sy glo dat die kompetisie haar ’n platform hiervoor sal gee.

Finaliste sal later vanjaar ’n gala-aand bywoon waar ’n wenner aangewys word. Die tyd en plek word later aangekondig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.