Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skuld moet dringend verminder

“Vermy skuld soos die pes.”

Dít is Neil Roets, uitvoerende hoof van Debt Rescue, se ernstige waarskuwing aan Suid-Afrikaners nadat die kredietgraderingsagentskap Moody’s Investors Service Vrydag (01/11) besluit het om Suid-Afrika nog een heel laaste kans te gee as ’n land op beleggingsgraad.

Roets sê verbruikers met skuld kan dalk saam met die land oor die afgrond stort wanneer ’n afgradering kom.

’n Afgradering sal die rand laat verswak en ’n bose siklus begin wat kan meebring dat rentekoerse verhoog sal moet word. Dít sal mense met skuld die hardste tref.

Volgens Roets is dit onduidelik hoekom Moody’s die land nóg ’n kans gegee het om ’n fiskale ramp – wat waarskynlik onvermydelik is – te vermy.

Moody’s het wel die vooruitsig vir die gradering van stabiel na negatief verander.

Dit gee die land tot die volgende gradering kans om wesentlike veranderinge aan sy geldsake aan te bring om ’n afgradering tot volslae rommelstatus te probeer voorkom.

“In die beste scenario moet verbruikers dié tyd (die volgende 18 maande) as ’n blaaskans sien en nié as ’n rede om verder skuld te maak nie,” sê Roets.

“Die meeste verbruikers het reeds luukshede uit hul lewe en begroting verwyder.”

Hy sê die enigste raad wat hy vir verbruikers het, is om onnodige skuld tot elke prys te vermy.

“Vergeet daarvan om ’n nuwe motor te koop. Soek eerder ’n goeie tweedehandse motor. Dit is nie nou die tyd om jou huis op te knap nie, tensy daar geldige redes soos ’n groeiende gesin is.”

Volgens ’n Debt Rescue-peiling bestee 43% van respondente meer as 50% van hul besteebare inkomste op skuldafbetalings en rente.

’n Toename van 21% van mense onder skuldhersiening teenoor verlede jaar word ook deur Debt Rescue waargeneem.

“Hoewel baie van ons reeds die punt bereik het waar daar niks meer oor is om te besnoei nie, sal ons ons leefstyl móét wysig om by die moeiliker marktoestande aan te pas, en meer doen met minder,” sê Roets.

“Baie moeilike tye lê vir Suid-Afrikaners voor.” – William Horne

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.