Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Slag van Modderrivier uiteindelik gehuldig

Werk het amptelik op Saterdag 19 Julie begin om ’n gedenksteen op te rig ter ere van die burgers en agterryers wat in die Slag van Modderrivier in die Noord-Kaap gesterf het.

Dit is die enigste veldslag, ook bekend as die Slag van Twee Riviere, binne ’n radius van 100 km om Kimberley waarvoor ’n gedenksteen nooit opgerig is nie.

Volgens Wickus du Plessis, voorsitter van die Burgermonumentkomitee van Twee Riviere in Modderrivier, is dit nie bekend waarom die veldslag op 28 November 1899 nooit met ’n steen gedenk is nie.

In die slag van Twee Riviere het ’n Britse kolom onder leiding van lord Methuen probeer om Kimberley, wat in daardie stadium onder beleg was, te ontset.

Die Boere, onder leiding van genl. Piet Cronjé, is deur die Britte gedwing om na Magersfontein terug te trek.

Die Britte het self talle sterftes gely. Altesaam 72 Britte is in die slag dood, 372 gewond en 7 vermis. Altesaam 75 Boere is dood of gewond.

Genl. Koos de la Rey se seun, Adriaan Johannes Gysbertus de la Rey, het ook gesterf weens wonde wat in dié slag opgedoen is.

Die gedenksteen sal na verwagting op 30 November onthul word.

Die steen sal na raming R90 000 tot R100 000 kos, en die name van mense en ondernemings wat geld wil skenk, sal op ’n gedenkplaat verskyn.

Die bewoording sal op marmer graveer word en in dieselfde taalstyl wees as op omliggende gedenkstene waarin hulde aan die gestorwe burgers en agterryers gebring word.

Dit is weens al die sterftes dat Modderrivier as die vyfde grootste veldslag in die Anglo-Boereoorlog beskou word.

Bel Du Plessis by 078-106-5449.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.