Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Slenter kul dié met pakkies

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor waarsku die publiek teen ’n nuwe slenter waarmee mense oortuig word om geld by bedrieërs se bankrekening in te betaal.

Johan Kruger, woordvoerder van die poskantoor, sê hulle het bewus geraak van die slenter waarmee mense per SMS in kennis gestel word dat ’n pakkie, wat aan hulle geadresseer is, weens uitstaande doeanegeld teruggehou word.

Mense word dan in die SMS gevra om op ’n skakel te klik wat hulle na ’n webtuiste vat. Daar moet hulle dan hul kredietkaartbesonderhede verskaf sodat die uitstaande bedrag betaal kan word en hulle die pakkie kan kry.

Volgens Kruger is die nommer wat verskaf word, vals en nie deur die poskantoor uitgereik nie.

“Mense wat die boodskap kry, moet dit dadelik uitwis en by die poskantoor aanmeld.”

Hy sê die poskantoor sal nooit vra dat enige uitstaande geld betaal word voordat pakkies afgehaal word nie.

“As daar betalings is, sal mense dit in die poskantoor kan betaal wanneer hulle hul pakkies kom afhaal,” sê hy.

Enigiemand met inligting oor dié slenter kan dit by die tolvrye nommer 080-002-0070 aanmeld.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.