Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Slim skuiwe bring sukses

Zoë Milford, ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Noord-Kaap, het die negende jaar agtereenvolgens aan die Suid-Afrikaanse junior skaakkampioenskap deelgeneem.

Dié byeenkoms het van 3 tot 8 Januarie in Boksburg plaasgevind.

Altesaam 2 260 spelers van oor Suid-Afrika heen het deelgeneem.

Aangesien geen Noord-Kaapse spanne vanjaar aan die nasionale byeenkoms deelgeneem het nie, is Zoë gekies om vir Tshwane se o.20-vrouespan deel te neem.

  • Zoë het ses wedstryde gewen, en een gelykop gespeel ná sewe rondes se konsentrasie.

Haar span het goud verwerf, en sy het die bordprys as die beste speler vir haar bord ontvang.

Sy het ook saam met Vianco Freeman van Nelson Mandelabaai in ’n dubbelspelskaaktoernooi gespeel. Hulle het ’n algehele derde plek uit 250 spanne behaal.

Zoë is boonop gekies as een van 107 deelnemers om in die grootste gelyktydige skaakspel op Afrika-bodem te speel.

Sy het teen die grootmeester Levon Aronian, wat vierde in die wêreld is, meegeding. Haar spel het agt uur geduur.

Vanweë haar prestasies en harde werk is Zoë gekeur om aan die Suid-Afrikaanse geslote uitnodigingskampioenskapsbyeenkoms vir junior spelers deel te neem. Dit vind in Maart in Kopanong plaas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.