Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Só lyk minimum loon van Maart af

Die nasionale minimum loon verhoog op 1 Maart met 76c per uur na R20,76.

Dié aankondiging is vervat in die Staatskoerant van 17 Februarie.

Huiswerkers, wat vir nog ’n jaar 75% van die nasionale minimum loon verdien, moet van 1 Maart af minstens R15,57 per uur kry teenoor R15 tans.

Plaaswerkers, wat 90% van die nasionale minimum loon verdien, moet vanaf 1 Maart minstens R18,68 per uur betaal word, teenoor R18 tans.

Werkers in die regering se program vir uitgebreide openbare werk gaan van 1 Maart af R11,42 per uur betaal word, 42c meer.

Hanlie Stadler

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.