Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
TWYFELHOEKIE: Spaar ander liefs dié harde werk

Moeilik is harde werk.

Party mense is mos moeiliker as ander en party mense is makliker om mee oor die weg te kom as ander.

En dan soms, al wil ’n mens nie, loop ’n mens daardie een mens raak wat sommer net ekstra moeilik is. Ekstra kwaai. Ekstra aspris.

Ek het gelag toe die jong seun na so iemand verwys. Opreg en sonder bybedoelings.

Sy verstandelike vermoëns is baie beperk, maar hy is so ’n goeie en harde en getroue werker. Almal span hom graag in. Hy help almal graag.

Behalwe dié een tannie. Van hulp aan haar wil hy niks weet nie. Niks. Hy keer met albei sy hande. Wys stop. Nee, hy help haar nie.

Ek gaan sit by hom en hoor – hoekom nie? Hoekom wil hy haar nie help nie?

Sy antwoord, opreg en reguit uit sy hart, laat my glimlag: “Nee, ek help haar nie. Sy is harde werk. ’n Mens moenie harde werk wees vir ander nie.”

Hy het nie bedoel sy laat hom hard werk nie. Hy het bedoel sy is harde werk.

Haar moeilik wees het haar vooruitgeloop. Sy was sommer net moeilik. Daarom was sy harde werk.

As ek vandag aan die jong man dink, dan leer ek so ’n belangrike lewensles by hom.

’n Mens moenie harde werk vir ’n ander wees nie.

’n Mens moet vir ander mense ’n plesier wees, ’n vreugde en ’n lig.

As jy moeilik is, word jy harde werk vir ’n ander.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.