Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Spanne bereik (wen)doel

Dit was ’n doel-vir-doel-wedstryd toe die eerste netbalspanne van die Hoërskool Diamantveld en die Hoërskool Noord-Kaap mekaar Saterdag (11/05) die stryd in Kimberley aangesê het.

Die telling was bykans deurentyd op ’n mespunt balanseer met die een span wat punte aangeteken het om die telling gelyk te maak sodra die ander span punte aangeteken het.

Diamantveld kon ’n effense voorsprong van 30 – 28 behou toe die fluitjie ’n einde aan dié spanningsvolle wedstryd gebring het.

Dit was ’n welkome oorwinning vir Diamantveld se eerste span. Dié span is ondanks ’n goeie vertoning in die groepfase van vanjaar se Wildeklawer-toernooi deur die Afrikaanse Hoër Meisieskool van Pretoria gekeer om ’n derde plek in die toernooi te behaal en Diamantveld moes met ’n vierde plek tevrede wees.

Die oorwinning het die kroon oor ’n suksesvolle naweek vir Diamantveld se netbalspanne gespan, met Diamantveld wat al agt hul netbalwedstryde teen Noord-Kaap gewen het.

Die uitslae tussen dié twee skole, met Diamantveld se telling eerste, is soos volg:

  • o.19A: 30 – 28
  • o.19B: 8 – 2
  • o.17A: 16 –12
  • o.16A: 17 –14
  • o.15A: 29 –12
  • o.15B: 29 – 9
  • o.14A: 24 – 8
  • o.14B: 35 – 2
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.