Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Spreekkamer bring perspektief

Om meer perspektief op die uitdagings in jou lewe te kry, besoek ’n spesialis.

Met die oopmaak van die deur word ek vir ’n oomblik aangestaar.

“Waarmee help ons?” vra die ontvangsdame. Sy gee vir my ’n vorm om in te vul. Tussendeur skerts sy oor nuwejaarsvoornemens en komplimenteer my op my bloes. Ek wonder of die spanning op my gesig wys. Waarskynlik.

Nog ’n pasiënt kom in en neem langs my stelling in. Haar bekommernis is hoorbaar wanneer sy na ’n moontlike hospitaaldatum uitvra. Die ontvangsdame stel haar gerus, haal haar selfoon uit en wys vir die bejaarde pasiënt ’n paar foto’s.

“Sy is in die regte beroep,” dink ek.

Sommige pasiënte gesels. Ander staar na die vloer. Ander sit met toe oë en wag hul beurt af. ’n Mens kan die spanning aanvoel. Afwagting. Bekommernis. Onsekerheid. In sommige gevalle, selfs wanhoop.

Die gesprekke handel oor gesondheidstoestande. Onverwagte uitgawes en uitdagings. Siekefondse wat oortuig moet word.

Dit is my beurt. Die spesialis handhaaf die perfekte balans. Vriendelik, dog professioneel. Doelgerig, dog geduldig. Spraaksaam, dog stil.

Met ’n verwysingsbriefie in die hand stap ek by sy deur uit en in die gang af.

Mense skarrel rondom my. My keel trek toe. Ondanks my uitdagings is ek dankbaar.

Wat wag, weet niemand nie.

Wat ek wel weet, is dat baie mense baie groter uitdagings het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.