Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
KAMEELDORING: Stories gekoester

Daardie aand wou ek uitvind waarmee Ma en Pa besig was. Ek was vier jaar oud. Teddie het saam met my bed toe gegaan.

Omdat ek bang was dat ek dalk aan die slaap sou raak, het ek bly regop sit in die donker. Met Teddie gesels.

Grandpa, die klokhorlosie in die sitkamer, het agt keer sy bekende ghong-geluid laat weerklink.

Die gang was donker, maar daar het ’n lig deur die deuropening van die sitkamer geskyn. Ek het daar ingeloer. Ma het langs Pa op die bank gesit, en Pa het die mikrofoon voor sy mond gehou.

Die draad daarvan was in die klein bandopnemer geprop. Op Pa se skoot was een van die biblioteekboeke. Nog een of twee het uitgesteek by die plastieksak wat hy geheimsinnig ná werk by die huis ingebring het. So, dis waar die stories vandaan kom.

Ek was gelukkig dat my gr. 1-juffrou ook ’n storie-mens was, want vir die volgende uitmergelende laerskooljare is ek deur feite en wiskunde gefolter.

Iewers op hoërskool besef ’n mens ook dat jy besig is om jou eie storie te vertel.

Die stories wat ons hoor, leef en sien, skaaf geleidelik – en word ons.

En terwyl ons deur die storielyn van die lewe ploeg, ploeter en planmaak, besef ’n mens dat jy ook ’n storie het – ’n storie is. Ons is stories met asem.

Sedert daardie aand toe ek Ma en Pa in die sitkamer betrap het met ’n sak vol stories, het ek nooit weer aan die wonder van stories getwyfel nie.

Verkort
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.