Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Student van NK dood gevind

’n Student in haar eerste jaar aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein­kampus is Sondag (03/11) in haar woonstel in die stad dood gevind.

Shakira van Staden (18), van De Aar, het vermoedelik haar eie lewe geneem.

Haar lyk is Sondag in haar woonstel in Universitas, Bloemfontein, gevind. Haar dood kom sowat vyf weke ná haar ma se dood.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê Shakira se woonstelmaat, ook ’n student van De Aar, het Sondag omstreeks 12:30 op haar lyk afgekom. Shakira is in ’n sittende posisie in die hoek van haar kamer gevind.

“Die oorledene het merke aan haar nek gehad en ’n swart doek het van die boonste handvatsel van ’n kas gehang,” sê Makhele.

Van Staden het BAdmin studeer en was in haar eerste jaar, het Lacea Loader, UV-woordvoerder, Maandag gesê.

“Die bestuur van die universiteit is hartseer om aan te kondig dat een van sy studente gesterf het. Sy het glo oor die naweek haar eie lewe geneem. Die bestuur dra namens die hele universiteits­gemeenskap hul opregte meegevoel aan die familie en vriende van Shakira oor en wens hulle in dié moeilike tyd sterkte toe,” sê Loader in ’n verklaring.

Volgens Makhele dui die voorlopige ondersoek dat Shakira se woonstelmaat die vorige aand die woonstel verlaat en met haar terugkeer op haar lyk afgekom het.

’n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.