Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
POTPOURRI: Stukkies sal weer hul lê kry

“Waaroor gaan ek hierdie week skryf, kollega?” vra ek en wag op ’n reaksie.

“Write about motivation.”

Ek frons.

“Or the lack thereof,” sê sy laggend.

Dit is asof dinge ná grendeltyd nie lekker in plek wil val nie. Die legkaartstukkies lê uitgestrooi en die prentjie is soek.

Wanneer ek werklik aan niks kan dink om te skryf nie, gaan drentel ek in die winkels rond. Daar is gewoonlik iemand wat iets sê of doen om my te laat glimlag of iets prikkel om oor te skryf.

Ek het gister deur ’n paar winkels gestap. ’n Mens sukkel so om die masker oor jou ore te hou, jou bril te ontwasem en jou hande te ontsmet dat daar nie kans vir inspirasie is nie.

Ek het die aftog geblaas en besluit om by my kollega aan te klop.

“You know that means I’ll have to write hundreds of words about not having some­thing to write about.”

Sy skater. “It sounds like work.”

Totdat die legkaart se prentjie terug is op sy plek en die stukkies weer in mekaar begin pas, is dit waarskynlik hoe dit vir ons sal voel. Vir die meeste van ons. Half doelloos. Half ongemotiveerd. Half uit roetine uit.

Ja, daar is baie om voor dankbaar te wees. Ja, iewers gaan alles weer in plek val. Ja, iewers gaan die virus plek maak vir die wêreld om ons. Vir die meeste van ons.

Tot dan moet ons geduldig wees. Gemotiveerd. Of ongemotiveerd.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.