Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Subaru wys nuwe truuks

Subaru se nuwe Forester op die New York- motorskou gewys, en nouis op pad na Suid-Afrika. Dit is die vyfde weergawe van dié gewilde sportnuts, maar dié keer ry hy op die Japanse groep se nuwe Subaru Global-platform wat hy ook vir sy Impreza gebruik.

Die nuwe Forester is effens groter as sy voorganger, maar bied ook ’n groter binneruim, sê die vervaardiger. Danksy die langer asafstand is die beenruimte vir die agterste passasiers met 4 cm gerek.

Subaru sê die nuwe bakwerk is ook merkbaar wringstewiger as voorheen.

  • Slegs een enjin is voorlopig vir die Forester geoormerk, ’n opgeknapte weergawe van die ou 2.0-liter- normaal-geaspireerde bokservier. Die wins is egter in ’n matig suiniger brandstofverbruik en skoner uitlaatgasse.

Soos in die verlede sal die sportnuts oor permanente vierwielaandrywing beskik, maar dDie partytjietruuk is dié keer X-Mode. Dit is glo ’n veldry-modus waar die blikbrein self beheer van die petrolpedaal oorneem terwyl jy oor moeilike terrein ry, sodat jy net op die stuurwiel hoef te konsentreer. Topmodelle sal ’n sandry- en modder- spesifieke modus van dié X-Mode-stelsel hê, terwyl gewone modelle net een modus het.

Dis nog onbekend hoe effektief hierdie stelsel is, maar sou dit werk, mag dit belowend wees vir rygerief oor uitdagende terrein.

En dan, in egte Japanse styl, het Subaru het ook by sy CVT-tipe outomatiese ratkas gehou teenoor ’n gewone handrat of outomatiese stelsel.

Wat die binneruim betref, is daar die nou moet-hê-artikel van’n kleurraakskerm bo in die voorpaneel, wat nutsfunksies soos die klankstelsel, die lugversorging en die satnavstelsel huisves.

Subaru lê ook klem op iets ’n tweede gonswoord in sy bemarking, genaamd EyeSight. Dit behels’n sambreelterm vir ’n reeks hulpstelsels soos ’n blindekolgonser, ’n baanverlaat-alarm, ’n selfstopfunksie en ’n spoedbeheerstelsel waar die voertuig self die gekose volgafstand kan handhaaf. Die nuwe Forester behoort vroeg Desember by handelaars te wees.

Goeie nuus ook vir sleep-geesdriftiges is dat die topmodel swaaibeheer sal insluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.