Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Suid-Afrikaners moet ‘deel doen’ om ligte aan te hou

Eskom waarsku dat beurtkrag weens koue in sekere dele van die land verwag word.

Volgens ’n verklaring is die stelsel dié week “stram” weens die weer.

Dit kom kwalik ’n week nadat Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, belowe het dat Suid-Afrikaners van nou tot einde Augustus nooit meer as fase 1-beurtkrag sal beleef nie, en ook nie meer as 26 dae van die winter nie.

Eskom sê sy winterplan – waarin minimale beurtkrag verwag word – gaan vereis dat Suid-Afrikaners krag spaarsamig gebruik.

Die vraag na krag gaan na verwagting dié week styg omdat koue weer plek-plek voorspel word. Dit kan die vraag na krag laat styg en die voorraad minstens drie dae lank “uiters beperk” maak.

“Suid-Afrikaners kan ’n verskil maak deur krag doeltreffend te gebruik. Dit het die potensiaal om die vraag met tot 500 MW te verminder, en só die ekwivalent van krag wat een eenheid by ’n kragstasie kan opwek, te spaar.”

Phakamani Hadebe, Eskom se uitvoerende hoof, sê hulle het nou ’n baie beter begrip van die oorsaak van die kragonderbrekings en die tegniese hersieningspan het ’n “betroubare onderhoudsplan” opgestel.

“Hoewel die plan ons die vertroue gee dat ons deur die winter kan kom met geen of beperkte beurtkrag, bly ons bewus van die potensiaal van risiko’s op ’n baie stram kragstelsel.”

Hadebe sê die stelsel was verlede week ook drie dae lank onder erge druk, maar Eskom kon daarin slaag om die ligte aan te hou. Nagenoeg 8 500 MW se opwekkingsvermoë was nie beskikbaar nie. – Hanlie Stadler

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.