Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Swaai vlag oor jou werk

Die Wêreldbekereindstryd het Suid-Afrikaners soos ’n ernstige koors beetgepak en daar is in eensgesindheid en met groot geesdrif rondom die rugbystadion en voor televisies byeengekom.

Nie eens politici kon dit regkry om in hierdie tyd verdeeldheid tussen groepe te bewerkstellig nie – Suid-Afrikaners het as ’n reënboognasie in eensgesindheid gejuig.

So tussen die rugbynuus het minder positiewe nuus ook deurgesyfer. Behalwe die “gewone” moord en misdaad, was daar weer nuus oor stakings.

Om te kan staak, moet ’n mens ’n werk hê.

Volgens Statistiek Suid-Afrika het die werkloosheidsyfer vir die derde kwartaal van 2019 na 29,1% verhoog – die hoogste in meer as 16 jaar met ongeveer 6,7 miljoen werklose Suid-Afrikaners.

Hoewel daar glo diegene is wat aandui dat hulle nie werk soek nie, word aanvaar dat werk ’n positiewe impak het.

Behalwe dat dit ’n mens besig hou, daag dit die individu uit en is dit betekenisvol vir selfontwikkeling.

Om te kan werk gee ’n gevoel van trots, identiteit en persoonlike prestasie.

Werk help die mensdom om te sosialiseer en ’n ondersteuningsraamwerk op te bou. Dit bied geld vir selfonderhoud en om lewensgenietinge te bekostig.

Kan ’n werknemer werklik bekostig om voete te sleep en traak-my-nie-agtig te wees?

Kan die voorreg van ’n werk nie met dieselfde geesdrif as ’n sportwedstryd aangepak word nie?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.