Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Syfers oor onderwysers wek kommer

Skoksyfers oor die hoeveelheid onderwysers in Suid-Afrika wat daagliks bloot nie vir werk opdaag nie, wek kommer.

Dié syfers, wat die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, onlangs in Pretoria bekend gemaak het, toon dat sowat 10% van Suid-Afrika se 41 000 onderwysers daagliks nie by die werk is nie.

Wat boonop meer kommerwekkend is, is dat dié syfer in die Noord-Kaap selfs hoër as die nasionale gemiddeld is, met 13% van onderwysers in die provinsie wat daagliks afwesig is.

Motshekga meen die probleem het te doen met skoolhoofde en die dissipline – of gebrek daaraan – wat in skole gehandhaaf word.

Die afwesigheid van onderwysers het ongetwyfeld ’n uitwerking op leerlinge se skoolwerk en lei tot swakker punte.

Die toekoms van die land lê in die hande van die jeug.

In ’n land wat reeds met ’n wesenlike tekort aan goeie vaardighede sit, kan ons werklik nie bekostig dat hierdie neiging vir veel langer voortduur nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.